bestellings@jwmaree.co.za
Whatsapp & Sell 0833312340
Next

Kwessies

R0.00
Next Product Image

Kinkel & Karakters

R300.00

(3 customer reviews)

Kinkels & Karakters

Tussen die buiteblaaie maak die skrywer wye draaie en vertel sonder skroom in fyn besonderhede van kleintyd-gewaarwordinge, karakters wat sy pad deur die jare gekruis het en van grootmensdinge wat hom laat tob en wonder… soos die ‘skok’-staaltjie van Ou Toet by

Category:

Description

Kinkels & Karakters

Tussen die buiteblaaie maak die skrywer wye draaie en vertel sonder skroom in fyn besonderhede van kleintyd-gewaarwordinge, karakters wat sy pad deur die jare gekruis het en van grootmensdinge wat hom laat tob en wonder… soos die ‘skok’-staaltjie van Ou Toet by die plaastuin se voorhekkie. Dr Moroka van Thaba ‘Nchu. En sy studentedae, sy dae as prokureur, stadsraadslid, lid van die parlement en daarna.

Die kinkels en karakters in hierdie boek word kleurvol en sielvol weergegee, prikkel dikwels die lagspiere – en laat jou selfs hier en daar bloos.

Name en byname verskaf volop vermaak. Makolobane, sy grootwordplaas, is ‘n naam wat weer en weer met onmiskenbare heimwee opduik en wat in jou gedagtes van die tong af rol.  “Byname is soos klitsgras: dit kleef, ongeag hoe dit by jou uitkom.  Billik of onbillik is nie ter sake nie. Hy vertel hoekom hy ‘Jacko’ geword het; en hoe Danny Holt onverdiend ‘Daddy’ Holt word.

Heilige koeie word minder heilig, dog met deernis. En homself ontsien hy nie…

Lisel Krige

3 reviews for Kinkel & Karakters

  1. Hennie van Deventer. Melkbosstrand

    Plek-plek lag jy hardop. Plek-plek dink jy diep. “Kinkels” bevat ‘n skat van eg-menslike verhale wat met deernis en ‘n aansteeklike humorsin oorgedra word.

  2. Willem van Aardt. Kookhuis- Oos Kaap

    Ek het die boek so geniet, my bruid Monica het gerol soos sy gelag het vir van die stories – veral vier stories was al ‘n paar keer oorvertel: Dis dié van Kuku se leeus in die Noorse, Dr Gildenhuis wat vir Fisaan bliksem, die sterk meisie wie se beer-shandy uiteindelik kop toe is en natuurlik die girl wat oor haar panty gekla het. Dit is alles briljant en die boek gaan op my boekrak bly.

  3. Jan Giliomee – Stellenbosch.

    Ek het jou boek by Hermann gekry en heerlik daaraan gelees, my verkneukel aan die stories en dikwels hardop gelag. Jy skryf werklik onderhoudend en sou ‘n goeie rubriekskrywer uitmaak. Baie van ons tydgenote herken ek natuurlik. Gideon Huisamen se storie vat die koek.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping