Description
Kwessies
Die redes vir die verval van dienste, staatsentiteite en staatsdepartemente, kom onder die soeklig en die kwessie of Afrikaners moet vastrap of verkas, kry aandag. In hoofstuk 3 word die onvermoë van die staat om op al drie regeringsvlakke sy grondwetlike pligte na te kom, van nader beskou. Die integriteit van die grondwet word daardeur aangetas. Wat kan gedoen word? Hoofstuk 4 word gewei aan die vraag: Wie of wat bepaal wat reg is en wat verkeerd is? Of is verkeerd nou reg en of is reg straks verkeerd – of soms andersom?


admin –
Beste Jacko
Ek het oor die naweek die deeglike en onthullende ontleding in jou boek “Kwessies” gelees van die taalstryd op Stellenbosch toe ons albei lid van die Universiteitsraad was. Ek is so bly jy het die gebeure vir die geskiedenis opgeteken sonder om doekies om te draai. Dit is nodig dat baie meer mense weet hoe dit gebeur het dat Afrikaans aan die US op ‘n syspoor (of is dit ‘n doodloopstraat?) uitgerangeer is en wie die grootste verantwoordelikheid daarvoor moet dra.
Vriendelike groete .
Hermann Giliomee