bestellings@jwmaree.co.za
Whatsapp & Sell 0833312340
Previous
Previous Product Image

Kinkel & Karakters

R300.00

Kwessies

R0.00

Kwessies

Die verhaal van hoe Chris Brink, Anton van Niekerk en Edwin Hertzog Stellenbosch en die Afrikaanse taalgemeenskap van Afrikaans beroof het.

Lees of Afrikaners moet vastrap of verkas. Bekommerde witmense in Suid – Afrika oorweeg dit om te emigreer. Waarom? Watter merkers moet hulle in ag neem?

Lees waarom ons Grondwet nie die toets van tyd deurstaan nie. Is daar ‘n oplossing?

Lees wat reg en verkeerd is en hoe norme verander. Die deurmekaarspul van kleredrag, slawerny, vloekwoorde, sedes, gays, doodstraf en aborsie word onder die loep geneem.

 

Description

Kwessies

Die redes vir die verval van dienste, staatsentiteite en staatsdepartemente, kom onder die soeklig en die kwessie of Afrikaners moet vastrap of verkas, kry aandag. In hoofstuk 3 word die onvermoë van die staat om op al drie regeringsvlakke sy grondwetlike pligte na te kom, van nader beskou. Die integriteit van die grondwet word daardeur aangetas. Wat kan gedoen word? Hoofstuk 4 word gewei aan die vraag: Wie of wat bepaal wat reg is en wat verkeerd is? Of is verkeerd nou reg en of is reg straks verkeerd – of soms andersom?

1 review for Kwessies

  1. admin

    Beste Jacko

    Ek het oor die naweek die deeglike en onthullende ontleding in jou boek “Kwessies” gelees van die taalstryd op Stellenbosch toe ons albei lid van die Universiteitsraad was. Ek is so bly jy het die gebeure vir die geskiedenis opgeteken sonder om doekies om te draai. Dit is nodig dat baie meer mense weet hoe dit gebeur het dat Afrikaans aan die US op ‘n syspoor (of is dit ‘n doodloopstraat?) uitgerangeer is en wie die grootste verantwoordelikheid daarvoor moet dra.

    Vriendelike groete .

    Hermann Giliomee

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Shopping cart

1

Subtotal: R300.00

View cartCheckout